Jy kan dit alleen regkry deur God se Genade!

"You were not born a winner, and you were not born a loser. You are what you make yourself be."

--Lou Holtz


Jy kan dit alleenlik regkry deur God se Genade!

Voëlgesange


Voëlgesange
           9/10/2009
n Mistige Onverwacht

Greyton is vandag bedek met n wit wolkombers.
Mis op die Riviersonderend berge wat na Greyton toe kyk.

Oranje Voëltjie


Die voëltjies sing sonder ophou.
Dan hoog dan laag. Die klanke wat my oor bereik is so gemeng dat ek onmoontlik die voëlspesies van mekaar kan onderskei. Tensy ek natuurlik n voëlkenner van formaat was! Vir die nou is dit minder belangrik. Ek weet net hulle is so gelukkig!
Miskien gesels hulle met mekaar of is hulle net kreatief besig om nessies te bou.
Miskien net “happy” omdat die mense mens wat hulle beloer ook “happy” is en hulle rustig maak.
Ek dink tog hulle hou daarvan om dopgehou te word. Vandaar die spoggerige liedere!
n Paar jaar gelede het die berg voor my (Riviersonderend Berge) afgebrand. Dit was n dorre swart berg.
Moeder Natuur het haar belofte gehou en gesorg dat die berg vandag groen is.
Die Riviesonderend berge voor die huisies op Onverwacht

Dankie Jesus!