Jy kan dit alleen regkry deur God se Genade!

"You were not born a winner, and you were not born a loser. You are what you make yourself be."

--Lou Holtz


Jy kan dit alleenlik regkry deur God se Genade!

EK STAP VANDAG UIT NA DIE KOENIESRIVIER KLOOFSEMENTDAM


20 Oktober 2010
KOENIESRIVIER KLOOFSEMENTDAM
DIE UITSIG VANAF DIE DAM NA ONS PLAAS GEBIED
DIE WAL VAN DIE DAM IS IETS BESONDERS


Vanoggend moet ek net so n bietjie gaan stap om die litte los te kry. My lyf is goed seer na die pilates en met die baie rondryery van my en Japie het ek nie weer by my oefeninge uitgekom nie.
Maar ek is lus vir stap en vat so 6.30 vm. die pad op na die swaelhokke(dit is hokke wat gebruik word om die nat blomme in te swael sodat die blomme hul kleur kan behou en dan word dit opgehang om droog te word in die stoor)
Die honde( Simba en Shiba) is natuurlik baie gretig vir n stappery en hou my kort,kort dop of ek nie dalk terugdraai huistoe nie.
SIMBA EN SHIBA BALJAAR TE HEERLIK!!


Ek wou stap tot by die Koeniesrivierdam maar a.g.v. die riviertjie wat daar loop oor die pad kon ek nie tot daar kom nie.
Die geluk was aan my kant want Japie kom toe aangery om aan n pomp in die kloof te gaan werk en net daar besluit ek om in te klim by hom.
JAPIE KOM VANAF DIE POMP WAARMEE HY EN PATRICK(WERKER) GEWERK HET.

Terwyl hy besig is ,kan ek fotos neem en die dam en kloof n bietjie op my eie geniet.
En geniet het ek dit geniet!
Dit is werklik pragtig by die dam.
My 2 dierekinders het hulself gate uit geniet in die water.
SIMBA EN N BAIE MOOI HOUT TAK WAT GEBRAND HET MET DIE JANUARIE 2010 BRAND. DIT HOUT VAN DIE GEBRANDE TAK IS ONGELOOFLIK MOOI NADAT DIE BAS AFGEDOP IS.

Japie het my net na die riviertjie weer afgelaai en ek het  verder aangegaan met my stap oefening.
Wat n “awesome” oggend uit niks gebore……..
MY GUNSTELING FOTOS BYMEKAARGEBRING VAN DIE KOENIESRIVIER KLOOFSEMENTDAM


Sandra Oosthuizen