Jy kan dit alleen regkry deur God se Genade!

"You were not born a winner, and you were not born a loser. You are what you make yourself be."

--Lou Holtz


Jy kan dit alleenlik regkry deur God se Genade!

Moedersdag 8 Mei 2011/CSMX ENDURO 2 wiel motorfiets “event“ op die Plaas/2011/7 Mei

9 Mei 2011
Dit is werklik tyd dat ek n bietjie aandag gee aan my blog. Met die heerlike herfssonnetjie wil ek nie by die rekenaar wees nie. Dit is net eenvoudig te koud! By my sitkamer se venster skyn die lekkerste namiddag sonnetjie in en daardie voorreg is nie te versmaai nie.






So die handwerk wen loshande en saans maak Japie n heerlike kaggelvuur wat my weer soontoe lok met n handwerktjie. Ja,ek weet ek is n bevoorregte stoere boere vrou!




"Accept responsibility for your life. Know that it is you who will get you where you want to go, no one else."
--Les Brown






Sy was  n Voorslag Stoere Boervrou!  Ek weet dat ek nooit ooit by haar sal kan kers vashou wat skoonmaak,huishou,vloere was,skape tel,koffie brand,beskuit bak en so kan ek maar aangaan en aangaan. Sy het net nooit end gehad nie. Van die skape tellery sal ek later meer vertel. Ek dink dit is waar Japie se groot liefde van skape vandaan kom. Vanaf sy ma Ansie. Maar ek het weer ander voorslag gawes waarmee die Here my toegerus het.
Pa Brend,Ma Ansie en Tru-Nell
op haar doopdag




NATASHA JOUBERT
Ag hoe mooi speel Dankie Here van Natasha Joubert nou. DANKIE HERE VIR N WYSIE EN N WOORD! Dit is presies wat die lewe vir my is. n Wysie wat my soos n huppel kindjie laat voel en n Woord wat my standvastig op my 2 bene hou.

Daar dagdroom ek alweer!

Die naweek is agter die rug. Dit is eintlik die rede hoekom ek voor die rekenaar sit. Japie het die CSMX ENDURO 2 wiel motorfiets “event“ die naweek wat verby is by ons op die plaas gehou.


 Elke jaar nog hou hy n quad bike “event“ op die plaas maar laas jaar was sy hartaanval bietjie swaar op hom met die brand daarby. Hy het dit in 2010 oorgeslaan. So,die jaar 2011 was hy gereed om weer so iets aan te pak. Hy het lus gelyk daarvoor al kon ek nie juis agterkom dat  daar  veel voorbereidings gemaak is nie. Ek het ook maar oë toegeknyp en probeer om nie in te meng nie want hy het dan alles onder beheer(al het ek maar swaar gesluk aan daardie ene). Maar my Japie was n impulsiewe organiseerder en besluit om alles sommer so op nr. 99 te reël. Teen nr. 99 is my nerwe al aan skerwe!    
                                                       Musiek is n wonderlike uitlaatklep!

Ons 2 kan glad nie saamwerk nie al dink ander mense so. Of ons vul mekaar goed aan met ons teenoorgestelde geaardhede. Ek sal nie weet nie. Net God ken daardie saamgevoegde wenresep! Al wat ek weet is dat ons huwelik werk soos n bom! Dit is verseker!  Ek is redelik baie van n beplanner en dit maak hom klaar as ek met my baie info en lysies by hom kom. So om so n “event” te reël moet jou nerwe bymekaar wees as jy as persoon n beplanner is en soms net glo in jou wederhelf se instinkte. Al is dit dan nou op nr. 99……..!
                                                          Ek en Japie het self deelgeneem......




                                                Nie so nie so......
                                                      Motorfietse en nogmaals motorfietse....
                                                  Die pragtige Galgeberg in die agtergrond


Oupa Barend op die agtergrond met sy aptekerssakkie op sy kop
                                     


                                            Jipeee...die einde van die roete......


Hier kom ek....

Die staatmakers. Johan,Benna en Adrian


                                                                Japie en Garth

                                                            Nou voel ek ook soos n Biker....

                                                                    Wat was my telling?



Die geluk is wel aan my kant om n skoonsuster te hê soos Lina. Daar dop my skoonma Ansie se nasate nou uit! Kyk sy vat vas,voor,agter en stormloop die besigheid van alle kante af. Ek dink sy kan n basaar oop oë reël sonder enigeen se hulp. Regtig! Jy moet net uit haar pad uit bly want sy wil haar eie ding doen. En sy duld ook nie inmengery nie!


Lina,Ester en Martha
                                                                                                      Al my engele op die job!
Net so! Pietie sê ook so! Sy kry al haar engele op die job wat sy in die hande kan kry. Seunskinders,Adrian en Benna,haar man,Johan en ook haar man se susters.
Ek word net so rakelings genoem of ek sal meer sê bedink. Maar dit is maar reg so solank sy en my liewe man net dieselfde taal praat......
Ons het ons 1ste winterreëns van die jaar al Vrydag die 6 Mei 2011 gekry. Saggies en lekker! So baie lekker!



My werk was natuurlik ook nie net vir agteroor sit nie. Die mense moet mos skuilplek vir die oorslaap ook hê.


                                  Onverwacht Flora/Oornagplek

En dit is waar ek inkom. Soos n uithou vrou het ek goed nat gereën Vrydag maar jou plig is jou plig en iewers moet die brood vandaan kom.

Soos Lindie op Binnelanders sê: As dit pap reën moet jy skep!

Ek het Vrydagnag gewonder:Here nou reën die mense nat in die berg maar ek is so baie,baie dankbaar met of sonder n motorfiets dag!




   Ek en Jaap met die mooi berg agter ons...                                                       








                                               Ek en my Manlief....

Japie het geskitter!!! 
Lina en haar span het gewoel met die kosmakery. Die rygoed het ingestroom en my man was aan die gang. Kyk as daar nou iemand is wat goed,beter,beste kan delligeer is ditmy  Japie! Hy “spot“ jou net dan deel hy die werk uit.
                                                            Mmmmm....Is dit Japie en Sandra en Pietie ...

Ek beweeg maar so koes,koes vir sy aangesig..... Slim geraak so met die jare....

Hy het my 10h kom haal en toe is die span al wit warm gewerk!

My getroue huishulp, Glenda het my skoene volgestaan om vir Lina te help. Oupa Barend(Japie se pa) en Ta Dapné het self die bedrywigheid geniet en self n hamburger en koffie nie laat verby gaan nie. 


                                              Pa Barend en Tannie Dapne
My skoonpa het teen die wind en reën n geel plastiek apteek sakkie op sy kop gehad wat vir my net te kosbaar was. Mens kon hom nie miskyk nie. 
Goeie advertensie vir Link Apteek gewees. Hy het die hele op en af jaery met die motorfietse terdeë geniet. Hy is nou 85jr oud. Hy word die 19 de November 2011 86jr. Mens moet hom sien om dit te glo. Die pyne is daar. Verseker! Maar aan die gang en skerp van gedagte! Die spreekwoord sê mos“Seeing is believing“!




                                                   Retief en Jana
My Retief kind en sy meisie Jana het ook deurgekom vir Moedersdag en Saterdagaand oorgeslaap by ons.
 Ek het nie vir die prysuitdeling by die Enduro gebly nie maar my been n bietjie laat rus so teen namiddag. Mens moet ook na jouself kyk anders sal niemand nie. Dit is nie ek wat so sê nie,ek hoor maar hulle sê so!


                                               And the winner is.......
Japie het ewe spoggerig met n nuwe T.hemp by die huis opgedaag.
Sy welverdiende geskenk as die “host“! Sy ego het definitief n hupstoot gekry! Wonderlik...

Hy het van die werkers McGregor toe geneem en toe nog vir ons n vuurtjie kom maak om vir Retief n lekker plaas skaaptjoppie te braai. 


                                                              Bernardo
Bernardo my middelseun was na n troue toe op Wellington en kon ons nie “join“ nie. 
Ons was maar almal lekker pootuit en het vroeg ingekruip. 
Japie het voorgestel dat hy definitief nie Sondag wil braai nie en ons moet gaan uiteet. 
Dit was so in my kraal want lief vir uiteet en opdress is ek sommer baie!


Ek bekyk goed wat oor die lyf gaan...

                                                         
 
                           Dit is n storie met die hare....












Wat sal pas vandag????
Mamma Sandra moes haarself uitrus want ek het geweet Tru-Nell my dogter van Australië sal vroeg Sondag oggend wil Skype sodat ons lekker kan gesels op Moedersdag.....


                                            Tru-Nell trek haar ma se siel uit....


                                                                                                                              Ek en Tru-Nell

En so was dit ook gewees. Toe daardie sms deurkom toe sny ek vir die rekenaar met n lekker koppie tee. En gesels het ons nou gesels. Sy gewoontlik meer as ek. Regtig waar!

Ag dit bly maar lekker...so n private geselsie....

Ons het by die Dros gaan eet. Die 4 van ons. Dit was baie lekker. Die kos was heerlik en die atmosfeer baie lekker. Die weer het ook saamgespeel so ons het sommer buite gesit. Ek is mos n stoepsitter van formaat! Met n wyntjie en eish natuurlik...

Dit was Moedersdag 2011-05-08. My gedagtes het wel so dan ek wan afgwyk van die normale gang van die dag.




                                             My geliefkoosde dagdroom plek(Onverwacht)
Ek is nogal lief vir dagdroom en myself in my eie wêreld te ontdek. My man sou nou dit beaam het en gesê het: Sandra jy luister nie…..maar hy weet nie waarmee ek besig is nie….en dit gaan ook nie help ek verduidelik vir hom nie...


                                                                  My Mams..
Ek was dankbaar dat ek my moeder Poppie kon bel.
Ek kan my lewe nie indink sonder haar nie.
                                                         Ma Ansie se grafsteen in die berg...

Ek het geweet my man het sy ma so baie gemis die dag. n Bossie blomme op haar graf was sy trosie.



My dogter was baie vêr maar die baie kosbare woorde wat sy vir my oor en oor herhaal het, het my soos n miljoen dollar ma laat voel!

Bernardo het my gebel en net om sy naam te sien registreer op my selfoon het die mawees in my geroer soos mens n pot kos roer…. Al is sy woorde altyd min. Vir my was dit genoeg...
.
Jana en Retief was  by my. Ek kon aan hulle raak. Watter voorreg!
Retief se sjokolade wat so gesmelt het in my mond vandag het my dankbare Moedersdag volmaak…..my beker loop oor..
                                                              Reg vir Moedersdag....

Dankie my man vir n heerlike uitstap en opdress…..!



Wanneer jy eers n ma is,is jy nooit alleen met jou gedagtes nie. n Ma moet altyd twee keer dink,een keer vir haarself en een keer vir haar kind
SOPHIA LOREN



Ek is baie lief vir julle……
Sandrà,mamma,mams,kokkerot,bokkie,my skat…….
Net wat vir jul lekker op die tong is my gesin…