Jy kan dit alleen regkry deur God se Genade!

"You were not born a winner, and you were not born a loser. You are what you make yourself be."

--Lou Holtz


Jy kan dit alleenlik regkry deur God se Genade!

EN TOE WORD SY SEWENTIG!

EN TOE WORD SY SEWENTIG
Atyd tog so positief! Daar gaan nie n dag verby wat nie vir haar n mooi dag is nie! Ek kan nie anders as om die brief met sovele uitroeptekens te tik nie want dit is soos ek haar in my geestesoog sien. Sy krap tot sy iets heerliks uit n dag uit kan haal.
My ma is baie,biae lief vir haar 5 kinders. Sy dra elkeen se belange in haar hart.
Vandat ek my verstand gekry het weet ek sy is n hardwerkende vrou sonder om te kla dat enigiets vir haar te veel moeite is.
Jy sal haar nie sommer betrap dat sy ledig is nie. Sy is altyd doenig met iets. Al is dit ook haar sepies of realiteitsprogramme waarvoor sy so lief is.
Jy kan verseker weet dat jy bederf sal word in haar huis met eetgoed! Honger sal jy nooit by die Erasmus woning uitstap nie. Die eienaardigste vir my van die van Greunen familie is dat jy kan hoeveel talente hê soos skilder bv. maar as jy nie kan kos maak nie tel jou talente  nie veel vir n van Greunen nie! Daarom maak ek tot vandag toe lekker kos maar uit dwang uit. Net dat ek darem die toets kan slaag!
My ma Poppie was baie,baie lief vir dans in haar jonger dae en sy doen dit nog steeds. Ek kan so goed al haar dansrokke onthou wat my tannie Hester vir haar moes maak. Daardie tyd was die halternek rokke en die bra rokke baie in die mode. Ek was toe nog n dogtertjie maar ek kan dit goed onthou!
Vandag behoort sy en Johan aan die Boeremusiek Gulde en hulle 2 skoffel nog tot oggendure toe. Kyk,sy is lief vir n partytjie! My liefde vir lekker mooi musiek het ek definitief by haar gekry.
Oe! Sy is baie lief vir mooi aantrek. Ek geniet dit so baie as sy vir my kom kuier en sy pak die tabberds so een vir een uit. Dit word daar gehang en die word doer gehang. Dan as sy begin aantrek vir die dag pak sy haar juweliersware uit en besluit wat sal pas by die dag se uitrusting. Ek dink ek het dit van my ma geërf. Ek is van kleins af baie lief vir mooi goeters. Vroue goeters...
My ma kon n sielkundige gewees het. Sy het altyd n oor vir enigeen wat raat soek. Sê net en sy het dit….
Johan is haar rots. Sy glo en vertrou sy bystand,omgee en liefde vir haar. Hy het haar immers onvoorwaardelik liefgekry met 4 Haasbroek kinders as n jong man van 28jr. Dankie Johan vir jou uithouvermoeë! Dit kon nie maklik gewees het nie.
Die ma van my weet hoe om te deligeer. Dis nou,“rondshunt“! Sy is baie lief vir haar 2 skoonseuns Hans en Japie. Sy draai hulle om haar pinkie en sorg net dat hulle dit nie agterkom nie. Sy is erg lief vir haar kinders en met die grootste teleurstellings en trugslae wat haar kinders al deurgegaan het,het sy hulle nog altyd ondersteun. Dankie mams!
Kyk dan kan sy fanaties romanties raak. Veral as dit kom by ander se verhoudings. Sy sien net die positief in n verhouding raak. En dan laat sy nie sommer haar vlag sak by haar intiemer ervaringe nie. Sy is eintlik baie trots op al haar prestasies. Die ma van my!
Haar energie kan soms n uitputtende effek op n mens se ego laat. Sy het baie beslis haar jong lewe geniet en sê self dat sy nog nooit spyt was dat sy haar jonglewe voluit geniet het nie. Sy lewe beslis of sy vir ewig gaan lewe! Ai moeder, wat n mooie voorbeeld vir ons kinders.
Na haar egskeiding met my pa het sy vrou alleen vir ons 4 Haasbroek kinders gesorg. Dankie ma! Ons weet nie hoe jy dit reggekry het nie! Vir daardie prestasie kort sy beslis n medalje!
Sy is baie,baie lief vir die see. Haar plot waarop sy en Johan so jaar in en jaar uit gaan kamp op Gansbaai is al amper haar eie. Sy het alreeds voorsiening gemaak vir die dag as haar kamplus opraak. Haar plekkie by die Gansbaai aftree oord is alreeds geboek. Met haar beste maat Johan teenaan natuurlik!
Hulle 2 toer nog graag met hul tent teen die Weskus af. Maak nie saak hoe primitief dit is nie. Solank sy net die see kan sien is sy baie gelukkig.
Sy is ons ma,moeksie,mamma,mams,moeder. Sy is gedoop Petro maar haar pa,dit is nou my oupa Piet van Greunen, het gedink sy lyk nes n poppie toe noem hy haar sommer Pop. So Pop was dit, maar sy verkies Petro in onbekende geselskap. Nogal....
Sy het haar ma Gerrie en pa Piet grys hare gegee en glo vas tot vandag toe dat sy altyd onnodig deurgeloop het.
Sy was en is beslis tot vandag toe die lewendigste van Greunen dogter.
Sy behoort aan die Silvervarings van haar kerk en lyk beslis die jongste van almal in die groep! Die dominees sê so
Ek salueer jou my liewe moeder en glo jou wens gaan vervul word dat God jou nog lank gaan spaar!
Ek is baie lief vir jou.
Sandra Oosthuizen
06/01/2011
Geskryf deur n goeie vriendin van my :Kiewiet Malan


Lynette Jones(Johan van mamma se suster) en haar dogter
het ons verras met hul special touch...
Dit was omtrent n spanpoging om die saal die Donderdag die 6de Jan 2011 op haar verjaarsdag klaar te maak Die wat wou help, het gehelp! Die mans moes die tafels regsit en het natuurlik vir ons gesit en kyk toe hul klaar is met die 1 takie behalwe Hannes wat gewoond is aan n besem het ons vrouens vermaak met sy fluksheid!
Saal klaar opgemaak en die DJ is reg vir die aand!







Met groot opgewondenheid is ons nog nadat ons gewerk het af na haar kampplek om haar verjaarsdag geskenk vir haar te oorhandig. Ek sommer geweet sy gaan so baie verras wees en sy was!








Nou wat sou dit wees? Ag ek het haar so baie geniet. Sy sukkel baie met al die spasma knoppe en ons kinders het besluit om vir haar n maseerstoel te gee vir haar 70ste verjaarsdag.
Sy was so baie opgewonde en uitbasuin hoe sy die horlosie in haar jare gaan terug draai met 10jr. En natuurlik bygevoeg dat Johan nou sal moet oppas vir haar as dit kom by die romantiese kant van sake want die stoel gaan haar"regruk"!




Ons het nie net n bietjie pret gehad nie, maar sommer baie! My broer,Pierre van Nieu-Seeland het mos spesiaal vir die groot "event" gekom en dit was nou my kans om sy siel sommer goed uit te trek! En ek het die kans goed gebruik!
My ma het ook besluit ek moet maar n bietjie aan haar "drink" wat ons laat skater het van die lag.





Die aand van haar verjaarsdag het van ons familie n braaitjie by hul kampplek gemaak en ek en my dogter Tru-Nell het ouma verder vermaak. Dit was n heerlike aand van baie lag en hope pret!








DIE GROOT AAND HET AANGEBREEK!
Mams het soos n feëtjie ingsweef gekom. Sy is fanaties mal oor Steve Hofmeyer en haar aand moes definitief met Pampoen van Steve begin.
Ek moes lag hoe haar agterkleinkinders agter haar aan gehardloop het. Sy het so baie mooi gelyk!










Toesprake,toesprake! Dit mag nie agter bly nie. Japie was die seremoniemeester en gesorg dat ons nie te veel praat nie want praat kan die van Greunens baie goed doen!
Die hoogtepunt van die toesprake was natuurlik mams se suster tannie Gerty ,82jr. Sy het soos n dame by haar tafel bly sit en Japie het die mikrofoon na haar toe gevat. Ag, dit was kosbaar. Hulle 2 verskil 12 jr maar is nog al die jare baie na-aan mekaar.
Na al die toesprake het haar agterkleinkind Mickyla haar verjaarsdagkoek ingebring.
Die opgewondenheid was so aansteeklik dat ekself nie kon wag dat sy die kersies doodblaas nie. Ek dink nie sy het verwag om haar gesig op die koek te sien nie. Japie het ook nes n kranige Blou Bul ondersteuner van agteraf haar aangemoedig met: Blaas Poppie Blaas!!
Ons kinders het die oomblik net so baie soos sy geniet. Dat n verjaarsdagkoek na 70 jr. jou nou steeds laf van lekkerte kan maak. Dit wys mens net dit is die klein dingetjies wat saak maak.







Die gaste het darem nie van ons vergeet nie. In al ons glorie het ons met graagte saam met mams en Johan "gepouse". Sy het my aan n "queen" laat dink. Breë bors van trots met haar nasate om haar. Ek wat self n moeder is vandag weet dat dit nie aldag gebeur om jou kinders saam met jou op n foto te kry nie.











Ek het baie van my ma se gene. Van laf word tot lekker huil en nou het ons nog altwee n kind oorsee ook. So, ek weet dat dit baie spesiaal vir haar was dat my broer vanaf Nieu Seeland kom kuier het. Hy is al immers vir 6jr al weg en dit was die eerste keer dat hy weer sy geboorte land betreë het. My hart het verkrummel vir haar part want net n ouer wat n kind oor die water het ken daardie verlange.








Haar boeta Piet agter in die middel en 2 susters tannie Marie agter heel links en voor regs tannie Gerty en natuurlik haar geliefde Johan agter regs.














Ons kuier baie lekker saam!
Ek,Japie,sy neef Jaco en vrou Valinda Oosthuizen (hulle is ons bure op McGregor)
 en
ons dogter Tru-Nell.




GASTE...VRIENDE...FAMILIE.....


Van my gesin saam met mamma en Johan.
Ek,Japie Tru-Nell(on dogter wat spesiaal vir haar ouma se verjaarsdag vahet en ons seun Retief.


Haar bedankingsbriefie in haar eie woorde. Baie kosbaar van die seun wat van vêr gekom het.




Fluit ,fluit my storie is uit! Dit was verseker n aand wat ek nie gou sal vergeet nie. Mens sit baie energie daarin maar dit is alles die moeite werd. Soos ek sê dit is"payback" time! Ek moet sê dit wil gedoen wees om so iets te reël tussen kinders en ons is so verskillend!. Maar ons het dit reggekry en die hoogtepunt is ons het nie eers n vergadering gehou nie! Dit wil gedoen wees tussen grootmens kinders.... Of wat sê ma?