Jy kan dit alleen regkry deur God se Genade!

"You were not born a winner, and you were not born a loser. You are what you make yourself be."

--Lou Holtz


Jy kan dit alleenlik regkry deur God se Genade!

EK EN MY MAATJIE

8/12/2009  
Here neem my in besit. Net U weet hoe ek regtig voel. Ek weet self nie hoe ek in die nou  voel nie. Vanoggend kan ek my eie gedagtes vir myself toeeien
EN GOD HET N ENGEL GESTUUR...
n Klipsalmander soek geselskap. Hy wil my maatjie wees vir nou! Gewoontlik gee hulle net so n skelm uitlokkende loer of hul wil sê: Vang my! Maar nie die ene nie!
Hy sit vasgegom op die dwarslêer langs my.
KLIPSALMANDER
UITKYKPUNT WAAR EK GESIT EN SKRYF HET.
                   DIE KLIPSALMANDER HET LANGS MY OP DIE
 DWARSLEERS HOMSELF SITGEMAAK
Dit is baie,baie stil vandag hier op Onverwacht. En daarmee bedoel ek dat net die diere hier volmag het om te sing,raas,dans en te baljaar! Dit is nie ons mensekinders se plek om ons menselywe  hier indringer te kom te kom hou nie
.
Hier moet mensewesens respek hê vir die Natuur met sy groot verpakking.
KLIPSALMANDER OP DIE KLIPHUISIE
 SE MUUR AAN DIE BUITEKANT
Tot die Bobbejaankop Watergat is baie saggies vandag .
DIE WATERGAT LE AAN DIE ONDERKANT VAN MY SITPLEK

BOBBEJAANKOPWATERGAT

Die Klipsalmander slaap nog voort. Ek dink hy is vol vreugde!
Ons het gister n skielike donderbui gehad en die reuse berg voor my is grasgroen.
DIE UITSIG NA GREYTON WAT DUIDELIK
SIGBAAR IS VANAF WAAR EK SIT

Japie sê dit is die stikstof van die donderbui  wat vir n bonus groeikrag gesorg het.
Ek het met n stywe nek vanoggend op Onverwacht geland. My vertoue was volkome op my Skepper se Skepping om my gemoed te versag.
My kreatiwiteit skiet hier die hoogte in. My sintuie hou partytjie.
aar nou ja…..
My pa het altyd gesê: Van sit en staan kom niks gedaan!

So laat ek aangaan voor ek vergaan!
SANDRA OOSTHUIZEN