TV gelos om sy stoei in vrede te kyk. Besluit toe dat ek die oorlog teen ongewenste hare nou moet aanpak anders lyk ek soos 'n bosbobejaan en kan ek nie die naweek swem nie.
Gryp toe die boks "koue waks" en pluk hom oop. Hoe moeilik kan dit nou wees? Geen waks wat eers gesmelt moet word nie, dis twee strokies met waks in die middel – amper soos 'n toebroodjie, wat jy dan warm vryf, oop trek en teen jou liggaam plak. Daarna trek jy strokie vinnig af (en skree natuurlik soos 'n vlakvark) "no mess, no fuss". Ek glo ek verstaan die instruksies en dit is mos darem deur 'n vrou uitgevind en baaaiiiieee ander vrouens gebruik dit op 'n daaglikse basis, so ek sal dit sommer tjop tjop onder die knie kry.
Ek vryf die strokie tussen my hande, maar kan die ding nie warm genoeg kry nie. Hoe nou gemaak? Kan hom nie in die toaster sit nie, dit sal net marakkas maak en die haartang gaan nie lekker werk nie. Natuurlik! Die haardroer! Blaas toe die waks tot ek voel hoe dit sag en speelbaar raak. Dink toe sommer aan ander dinge wat ook sag en speelbaar is…
Raait, daar is my cold wax toe hot wax. Ek trek die een strokie af, plak die slymerige storie op my been, knyp die een oog toe, byt op my tande en tjjjjj trek hom af. Kon erger gewees het. Ek is trots op myself dat ek so oulik is en sien sommer hoe glad my bene en die res die naweek gaan wees. Manlief is juis so liefdevol as ek mooi glad is. Ek het die prosedure nou mooi onder die knie en vorder fluks.
Nou kom die moeilike deel. Soos ons ouer word kry ons mos pakkasie. Ja man, dis nou die spaarwiel om die heupe en maag, die paksak op die boude en die res wat dril soos rofies in die army, jy verstaan? Maak toe die spieël staan op die toilet, staan in my eva's gewaad voor die spieël en lig my voet teen die bad sodat ek mooi kan sien en mooi kan bykom. Plak die strokie van Paragwaai al die pad tot by Holland, al op die bikini lyn (nie dat ek ooit dood in 'n bikini gesien sal word nie). Ek het besef dat hierdie deel van die operasie seer gaan wees en het die waks nie so warm gemaak soos die ander nie. Ek wil tog nie in die hospitaal beland met 3de graadse brandwonde aan my hoo-ha nie! Wat sal die mense se en hoe kyk ek die dominee daarna in die oe. Ek staal myself, vat die strokie styf vas en ruk.
Ek sien sterretjies en wonder of ek moet lag of huil. Hel, maar dis seer! Kyk af en ja, sowaar, ek het die strokie net halfpad afgetrek. Daar sit die res dan nog. Hou aan die wasbak vas en PLUK!!!! Ek doen die hoender dans, die nou dieselfde arm geflap wat ons doen as ons onder die arms geskeer het en ons spuit per abuis Mum 21 aan. Rooi in die gesig en met my asem wat jaag bestudeer ek die waks strokie om te sien of ek darem al die hare gekry het.
Groot is my skok. Die strokie is LEEG! Geen hare, geen waks! Nou waar de hel is die waks! Ek buig vorentoe en lyk soos 'n volstruis wat sy kop in die sand wil steek, loer oor die spaarwiel en wraggies, daar
sit die hare steeds, dis nou die hare wat veronderstel is om op die waks strokie te sit. Ek voel versigtig daaaaaaar onder en sug swaar, want daar, op my mees privaatste plekkie, waar ek nie mooi kan bykom nie, daar sit die waks. Sonder om te dink haal ek my voet van die bad se kant af en stamp hom hard op die vloer terwyl ek skel soos 'n matroos. Ek sluk halfpad deur my rympie amper my tong in toe my hoo-ha en wangetjies mekaar omhels. Jip, daar staan ek toe, toegeplak van Paragwaai al die pad tot in Holland en my hart klop in my groottone. Hoe nou gemaak?
Ek loop soos 'n Pikkewyn op en af voor die wasbak terwyl my maag draai en ek hard bid dat my maag nie nou 'n illegal occupant moet evict nie, want ander sal die kompressie waarlik my kop laat bars. Dink Tess, dink! Ek kry 'n blink plan, gryp die haardroër en begin blaas. My oe traan van die blow wave, maar heel laas, die waks wil niks weet van smelt nie. Miskien moes ek langer uitgehou het, maar 'n mens kan ook net soveel warm wind DAAR hanteer. Ok, wat volgende? Miskien warm water?
Ek probeer eers warm water met die stort kop (waarmee jy jou hare in die bad was) op die waks spuit, maar dit werk nie lekker nie. Tap toe maar die bad vol warm water en kry myself baie jammer omdat nie eers die gevangenis op Robeneiland so gemartel is nie. Wel, die enigste ding erger as jou privates wat mekaar omhels, is jou privates wat vas aan mekaar geplak is en dan nog aan die bodem van die bad
vassit terwyl jy so rooi soos 'n kreef verkleur en jou brein vir jou bly skree "STAAN OP, IDIOOT, STAAN OP, EK IS BESIG OM TE KOOK".
Ek leer toe op die harde manier dat warm water nie "koue waks" smelt nie. Back to square 1.
Ek loer om die badkamer deur (wil nie hê manlief moet my so sien nie) en waggel dan kamer toe waar ek my selfoon gryp en terug badkamer toe waggel. Raait, wie bel ek nou? My ma het in haar lewe nog nooit eers van waks gehoor nie. Die dra dan steeds doekies, al is tampons al jare op die mark. Anyway, wie? My skoonma! Natuurlik! Sy doen mos altyd hierdie weird en wonderful goed en ken al die boererate onder die son. Skoonpa antwoord en ek praat hom sommer dood. Ja, skoonma is daar en dan hoor ek haar
stem. Ek wil sommer huil van blydskap. Sy sal kan help.
Ek hakkel so effe, maar vertel haar van my dilema. Stilte … steeds stilte. Ek begin net wonder of my foon sein verloor het toe ek haar hoor lag. Sy lag so dat sy nie met my kan praat nie.
Eers lag ek saam, dan raak ek vies. Sy hou op lag, maar ek kan aan haar stem hoor dat sy nog nie klaar is nie. Wat sê die boks? wil sy weet. Wat sê die boks? Seker nie dat jy dom genoeg moet wees om jouself weer in 'n virgin te verander nie.
Skoon ontstoke gryp ek die boks terwyl skoonma weer aan die ander kant proes. Skoonma ek soen jou sommer. Daar, binne die boks is 'n botteltjie seep om die "ekstra waks" mee te verwyder. Ek wil sommer my eie gaai skop dat ek nie eerste in die boks gekyk het voordat ek skoonma gebel het nie,want nou gaan die hele familie weer die storie van Tess se toegeplakte hoo-ha hoor en sal ek seker nooit die einde daarvan hoor nie . Ek druk die foon dood met haar gelag in my ore, gryp die bottel en smeer liberaal van die "seep" aan.
My oe traan, my neus loop, my ore is toegeslaan en my hoo-ha is dood, letterlik, geen gevoel nie, maar DIT WERK!
Ek laat nie op my wag nie en skrop asof my lewe daarvan afhang. Mind you, my lewe hang daarvan af. My bene voel soos jellie, my hart klop asof ek so pas 'n maraton gehardloop het. Klaar, maar agge nee, die hare is steeds daar …
Flippen hel!!! Dis nou genoeg. Bogger dit. Ek gryp die skeermes en skeer dat jy net hare sien waai. Hoop nie ek skeer myself raak nie, want op hierdie stadium is my hoo-ha en omliggende dele so dood dat ek my eie been sal afsny sonder om dit te voel.
Wel, mense, nooit weer probeer ek waks nie en ek beveel julle sterk aan om behoorlik daaroor te besin voor julle begin.
Nou wonder ek, sal ek volgende week probeer om sonstrepies in my hare te sit? I THINK NOT! (Skrywer Onbekend)
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!